E-mail Print

Gebedsversoeke

WES- EN SUID-KAAP SINODESITTING 9-13 MEI

Sake waaroor die Sinode gaan stil word voor God:

1. Armoede en barmhartigheid

2. Toerusting en begeleiding van lidmate

3. Jeug

4. Getuienis

5. Kerkeenheid

6. Identiteit

7. Geslag en diversiteit

8. Belydenis van Belhar

9. Die doop

Bid dat die opgestane Here Jesus deur sy Gees die vergadering sal lei
Bid dat die Sinode een in liefde, een van hart en een in strewe sal wees (Fil. 2:2)
Bid dat dit wat by die Sinode gebeur, groot vrug sal lewer in plaaslike gemeentes
 

SIEKES

Bid vir die naasbestaandes van siekes – dikwels is hulle die mense wat net so swaarkry.

Moenie vergeet om vir verswakte ouer mense in die gemeente te bid nie.

OORLEDE

Bid asb vir die families van oorledenes in die tyd van hartseer en rou. In die gemeente is daar ook heelwat ander mense wat swaarkry om die dood van familielede te verwerk. Bid asb vir sulke lidmate.