E-mail Print

Gewoonte: Lectio Divina

Die Bybel wil gelees en gehoor word as die lewende stem van God. Daarom moet ons luisterend, wagtend lees. Lectio Divina is ‘n ou luister-metode vanuit die vroeë kerk, wat ons hiermee kan help.

Vloei van Lectio Divina:
1. Lees teks rustig deur. Probeer verstaan wat jy lees.
2. Lees teks weer deur:
• Lees luisterend, wagtend, om Jesus se stem vir jou te hoor
• Is daar 'n woord, beeld of sin wat vir jou uitstaan?
• Gaan "sit" in daardie woord, beeld of sin, en hoor wat die Gees vir jou wil sê. (Bestee 75% van jou tyd aan punt 2)
3. Kort gebed waarin jy antwoord op wat jy gehoor het.
4. Skryf neer wat jy gehoor het. (Jy sal nie elke dag iets hoor nie – dis normaal.)