E-mail Print

Fisantekraal

Bedieningsleier: Edith Fehrsen
Tel: 073 7954 580
E-pos: fredith@telkomsa.net
 

"Fisantekraal Crèche Support" is tans betrokke by 13 crèches (410 kinders).  Die geboue is die woonhuise wat bestaan uit drie vertrekke (slaapkamer, kombuis en badkamer met selfs 'n toilet en kraan).  Daar is ook een in die plakkerskamp ('n sinkkamer sonder plafon, vloer en vensters - kokend warm en pikdonker - sonder enige meubles en toerusting).  Die getal kinders per crèche wissel tussen 10 en 30.  Die ure is van 5vm tot 7nm.  Ons help om die infrastruktuur te verbeter (plafonne, meubels, brandblussers, noodhulpkissies, klere, speelgoed, boeke, omheinings en hekke) sodat hulle kwalifiseer vir registrasie by Maatskaplike Ontwikkeling.  Dan kan hulle subsidies, opleiding en gereelde kontrole van 'n maatskaplike werkster en gesondheidsbeampte ontvang.  Sedert hulle besig is, is 5 al geregistreer, 3 amper daar met nog 5 wat nou met die proses moet begin. 

Raak Betrokke!