E-mail Print

Gewoonte: Dink oor die dag

Aan die einde van jou dag, dink na oor hierdie vrae. Indien moontlik, bespreek dit met jou gesin of kleingroep.

In die dag wat verby is:

Waarvoor is ek dankbaar?
Waarvoor is ek nie dankbaar nie?

Waar kon ek liefde gee of ontvang?
Waar kon ek nie liefde gee of ontvang nie?

Wie het God oor my pad gestuur?
Wat beteken dit om daardie persoon lief te hê?