E-mail Print

Sokkerbediening

Bedieningsleier: Annes Schreuder
Selfoon: 083 391 0243
E-pos: annes.schreuder@adidas.com

John Sochop, ‘n werknemer by Laerskool Durbanville en ook die afrigter van die “Covenant Youth Ministry” sokkerspanne in Fisantekraal, het ons gemeente so paar jaar terug genader vir hulp om sokkerballe te koop. So het ‘n nuwe verhouding tussen die gemeente en die sokkerklub ontstaan en het dit nou tot ‘n bediening van ons gemeente uitgebrei.

Met hulp van Laerskool Durbanville speel hulle in die Amandla Ku Lutsha liga. Hierdie liga bedien eintlik kinderhuise en soortgelyke instansies, juis omdat dit nie net oor sokker gaan nie, maar ook lewensvaardighede aanleer, leierskapsprogramme vir die kinders aanbied en ook sportweke tydens vakansies.

Een van ons kleingroepe het die Sokkerbediening onder hul vlerk geneem en voorsien onder meer dat daar weekliks vir die kinders ‘n lekker bord kos gemaak word.  

Raak Betrokke!