E-mail
Print
Sopkombuis
Amper 15 jaar terug het die predikante van Durbanville Gemeente op 'n verkenningsreis gegaan om te sien wat ander gemeentes alles doen. Toe hulle terugkom in Durbanville het die gemeentelede die Sopkombuis gestig!
Die Sopkombuis geskied in samewerking met verskeie ander kerke. Die sop en brood word uitgedeel by die Taxi-stasie. Enige iemand kan 'n bydrae maak tot die Sopkombuis, deur leë jogurt-houers te skenk, sop te maak, brood te bring of die sop en brood self te gaan uitdeel.