Sorgbediening
Elkeen is 'n versorger... ja, jy ook!
Die saadjie vir die sieke besoek bediening is jare gelede geplant toe ek, Susan Agrella, gediagnoseer is met Veelvuldige Sklerose, meer bekend as MS (Multiple Sclerosis). Van iemand wat ernstig onafhanklik was, het ek binne weke 'n hulpbehoewende geword. Dit was bitter moeilik om hulp te aanvaar, en ek moes leer om oor grense heen die hand te neem wat na my uitreik.
Hoe lyk die Sorgbediening in praktyk? Dit vra eintlik so min! So min soos 'n glimlag vir iemand by wie jy verbyloop, so min soos 'n oproep of sms terwyl jy wag dat die skool uitkom. Versorgers is gewone mense: mense soos ek en jy. Tien teen een is jy reeds besig met versorging: sien dit raak!
Die realiteit van versorging in gemeente-konteks is dat 'n span mense of groep dit nie alleen voldoende kan hanteer nie. Die las raak eenvoudig te veel en het tot gevolg dat die versorgers uitbrand. Wanneer die lede mekaar begin versorg, word dit 'n gedeelde taak en beweeg ons nader om die opdrag in Kolossense 3:12-17 uit te voer.
Kom, reik uit, doen dit!
Kontak:
Susan Agrella 021 975 1688 / 082 717 7924