E-mail Print

14 weke

14 weke begin op Maandag 20 Februarie.

Maak seker jy ontvang 'n gids, en skryf in by 'n kleingroep, voor 20 Februarie.   

14 Weke vorm deel van Durbanville Gemeente se visie. 
Ons visie bestaan uit drie dele:
1. Dissipels van Jesus
2. Groei saam met medegelowiges
3. In diens van God se nuwe wêreld.

2012: Die goeie en mooi God

Hierdie deel van die reis fokus op die eerste deel van ons visie. Dit help ons om elke dag in 'n eerstehandse verhouding met die goeie en mooi God, soos geopenbaar in die gekruisigde en opgestane Jesus, te leer leef. In die sewe weke van Lydenstyd kruisig ons ons vals beelde van God, terwyl ons in die sewe weke van Opstandingstyd leer om saam met die ware, lewende God te leef.

2013: Die goeie en mooi lewe 

Hierdie deel van die reis fokus op die tweede deel van ons visie. Dit begelei gelowiges om mekaar te ondersteun in die proses van persoonlike heelmaking en transformasie. In die sewe weke van Lydenstyd kruisig ons die vals verhale waarvolgens ons lewe, terwyl ons in die sewe weke van Opstandingstyd leer om as nuwe mense te leef, mense wat saam met Christus opgestaan het. 

2014: Die goeie en mooi gemeenskap 

Hierdie deel van die reis fokus op die derde deel van ons visie. Dit help ons om opnuut te ontdek dat ons elkeen 'n gestuurde is, wat in diens staan van God se nuwe wêreld. In die sewe weke van Lydenstyd kruisig ons die vals persepsies oor wie en wat die Kerk is, terwyl ons in die sewe weke van Opstandingstyd leer om as ‘n geloofsgemeenskap te leef, wat getuig van die hoop van God se nuwe wêreld.

Raak Betrokke!