E-mail Print

Gewoonte: Luister

Ons kleingroepe het die gewoonte om 'n kers in die middel te sit. Wanneer iemand iets wil deel, steek hy/sy die kers aan, en dan mag net daardie persoon praat.

Hierdie gewoonte help ons om werklik na mekaar te luister, en nie:
1. Mekaar in die rede te val nie
2. Mekaar te probeer "fix" nie.

Aanvanklik mag dit dalk 'n bietjie vreemd voel, maar jy sal gou agterkom hoeveel dit jou help as jou kleingroep werklik na jou luister, sonder om jou in die rede val met hulle eie idees, raad of oplossings.