E-mail Print

De Port'uur-groep

KONTAKNOMMERS:
Kerkkantoor 021 975 6370
Marie Conradie 021 976 3158
Marie Cloete 072 273 9981


Nadat 'n behoeftebepaling gemaak is in die gemeente, is daar vasgestel dat ‘n seniorbediening benodig word, veral vir seniors wat nog in hul eie huise woonagtig is. Ds André van Wyk en Rian Verster het toe met ‘n paar senior lidmate in gesprek getree. Uit die gesprek het DE PORT-UUR GROEP ontstaan.

Die doelstellings van die Groep is die volgende:
1. Sosiale versorging (bv. uitstappies, konserte, etes)
2. Praktiese versorging (bv. nutsman, vervoer, besoeke)
3. Geestelike versorging (bv. Bybelstudiegroepe)
4. Die groep wil ook in die gemeente tot diens wees (bv. hulp by basaars, steakbraais, straatetes)

Kennisgewingsbord

De Port´uur-groep 26 Jan 2011
Jaaropening: Ds. Tinus van Zyl gesels oor die boek en fliek "Eat Pray Love" om 10:00 in die gemeentesentrum.