Solo vir Jesus

Is jy enkellopend, of voel jy alleen in jou groei om meer en meer soos Jesus te wees? Soek jy na ‘n energieke groep mense saam met wie jy die liefde van Jesus kan deel, sy wil vir ons lewens kan leer en ervaar? Mans en dames word uitgenooi, kom sluit aan by die Solo-vir-Jesus-groep.
Ons almal is werkende persone wat nie altyd elke byeenkoms kan bywoon nie, maar wat vir mekaar ruimte gee om in te skakel wanneer en hoe jou program dit toelaat. Daar is sommige van ons lede wat soms vir 3 weke uitstedig is, maar hulle word op hoogte gehou, en kom skakel gemaklik weer in.
Ons nooi jou uit om saam met ons te kom hallo sê aan huidige en ander voornemende lede. Bring net jouself en ‘n positiewe gesindheid, ons sal sorg vir die res.
Ons kommunikeer weekliks per e-pos of sms by wie ons die volgende keer gaan bymekaar kom sodat, as jy dalk nie die vorige keer kon bywoon nie, jy sal weet waar om weer in te skakel. Die plek mag wissel maar die tyd bly altyd dieselfde, te wete weekliks op Donderdae vanaf 19h15 tot ±21h00.
Hartlik welkom! Ons sien uit daarna om jou te ontmoet.
Kontakpersone:
Sandra Burger: 082 923 1267 / sandra@burgerbotha.co.za
Magda Combrink: 083 414 7581 / magda@maxitechno.com
Hannelie Leonard: 083 384 8351 / h_leonard@hotmail.com