E-mail Print

Afkondigings

Graad 4 - 6 Kamp

20 Feb 2012

• 24-26 Februarie
• R350 pp
• Kontak Lezjé by jeug@durbanvillegemeente.co.za / 021 975 6370
 

Omgeediens

20 Feb 2012

As jy van iemand weet wat in ‘n krisis is, kontak omgee@durbanvillegemeente.co.za
Baie dankie vir al die skenkings en donasies. Ons prys die Heer daarvoor!
Die Omgeediens benodig dringend:
5 klein pakkies tee 
20 blikkies gemengde groente
20 klein pakkies rys
20 bruin brode
20 potjies grondboontjiebotter
20 pakke pasta
20 blikkies konfyt
10 pakkies sop
20 blikkies tuna of ander blikkiesvis
5 klein pakkies wors en maalvleis
20 blikkies tamatie en uie-smoormengsel
5 klein bottels kookolie
20 blikkies bone in tamatiesous 
20 blikkies ertjies
Toiletpapier
Koekies seep



GELD : ‘N PROBLEEM??
Die bekende sielkundige, ST Potgieter, kom gee FINANSIËLE RAAD en verduidelik SKULDBERADING.
Datum: 20 Februarie 2012
Tyd: 18:30 vir 19:30 in die Jeuglokaal

Tee en koffie sal bedien word. Almal is baie welkom. Kontak asb die Omgeediens-kantoor (021 975 5252) om jou plek te verseker.

14 Weke: Die goeie en mooi God

20 Feb 2012

14 Weke: Die goeie en mooi God begin VANDAG, 20 Februarie. Kontak die kerkkantoor as jy nog by 'n kleingroep in te skakel. 
Gidse is gratis beskikbaar by die kerkkantoor. 

Is 14 weke ‘n bietjie lank?

Klink 14 weke na ‘n te lang verbintenis? Moenie bekommerd wees nie. Elke kleingroep kan self besluit hoe julle die 14 weke wil aanpak. Dit staan julle vry om gedurende die vakansietyd nie bymekaar te kom nie of om net elke tweede week bymekaar te kom.

Die rede vir die 14 weke is omdat dit deur die 7 weke van Lydenstyd loop, wat oploop na Paasfees, asook die 7 weke van Opstandingstyd, wat oploop na Pinkster.

Die 14 weke begin Maandag, 20 Februarie.

Gids: 14 weke
Die gidse vir die 14 weke is gratis  by die kerkkantoor en eredienste beskikbaar. Maak seker dat jy ‘n 14 weke gids ontvang. Gesinslede hoef nie gidse te deel nie, maar kan elkeen hul eie gids neem. In die gids is daar elke week:
• Teologiese agtergrond oor die tema van die week
• Ietsie oor Lydenstyd of Opstandingstyd
• Persoonlike stiltetyd of huisgodsdiens
• Geloofsgewoonte vir die week
• Familiegewoonte vir die week
• Kleingroep-bespreking

Solo-vir-Jesus

20 Feb 2012

‛Solo-vir-Jesus‛

Ons kom elke Donderdagaand om 19:15 bymekaar. Alle werkende enkellopende persone wat graag wil inskakel, kan Sandra Burger kontak by 082 923 1267 of per epos: sandra.burger@infinityrewards.co.za. Skakel haar ook om uit te vind waar die betrokke week se byeenkoms gaan plaasvind.

Durbanville/Bergsig Senior-Groep

20 Feb 2012

Durbanville/Bergsig Senior-Groep nooi jou om dié jaar saam te kuier. Aansluitingsfooi: R50 per persoon.  Navrae:  Marietjie Marais (083 681 8501) 

Uitstappie na Houtbaai - 23 Februarie 2012

Kom geniet hierdie uitstappie saam met ons! Die bus vertrek 09:30 vanaf Durbanville. 
Koste: R55 per lid. Skakel asb vir Marie (021 976 4185) na 16:00 om jou plek te bespreek.
 

Kraaifontein-Uitreike

20 Feb 2012

Baie dankie vir die nie-bederfbare kospakkies wat ons ontvang het. Ons benodig egter DRINGEND ENIGE kontantbydrae om ons werk voort te sit. Elke R5 maak ‘n verskil . Enige nie-bederfbare produkte, toiletware en skoonmaakmiddels is ook welkom. Help ons asseblief om mense in nood te help! 

Kontakpersoon : Sakkie Bosman 072 919 8616 of die Kerkkantoor 021 975 6370.
 

Kinderbediening

20 Feb 2012

Graad 4-6 kamp saam met Durbanville-Bergsig Gemeente
Datum: 24-26 Februarie 2012
Koste: R350 per persoon

Inligting en inskrywingsvorms is beskikbaar by Graad 4-6 kategete of kontak Lezjé

Graad 1 Ouer-en-kind-dag
Die Graad 1 Ouer-en-kind-dag is Saterdag, 17 Maart om 08:30-13:00 in die Jeuglokaal. ‘n Doopherinnering van die graad 1’s sal  Sondag, 18 Maart om 09:00 tydens die Familiediens plaasvind.
Navrae: Lezjé van Zyl (021 975 6370 x 22) of e-pos: jeug@durbanvillegemeente.co.za

Junior Kategese Lestemas vir 19 Februarie:
Voorskool: God gee my asem
Graad 1-3: Jesus kan vir my gee wat ek nodig het (Vermeerdering van 5 broodjies en 2 vissies)
Graad 4: God is getrou aan Sy beloftes
Graad 5: Geloof in aksie
Graad 6: Ysskaats

Junior Kategese Lestemas vir 26 Februarie
Voorskool: God het my ogies gemaak
Graad 1-3: Jesus wil my help (Jesus laat Bartimeus weer sien)
Graad 4-6: Graad 4-6 Kamp (Daar sal geen kategese wees vir dié kinders wat nie die kamp bywoon nie.)

KATEGESE-GELDE
R70 vir Voorskoolse kinders
R60 vir Graad 1-6
Betaling: Stuur asseblief die geld saam met u kind in ‘n koevertjie met die kind se naam en graad daarop / betaalbaar by die kerkkantoor / elektroniese inbetaling (bankdetails op Jaarprogram)

 

 

 


 

Depressie-Ondersteuningsgroep 2012

20 Feb 2012

Die Depressie-Ondersteuningsgroep

Kontak Wynand Theron (072 266 8420 of 021 976 7133) as jy meer wil uitvind.

Nuwe Lidmate Program

20 Feb 2012

Nuwe Lidmate Program

Woensdag, 8 Februarie
Tyd:
19:00-20:00 in die Jeuglokaal
Tema: Dissipels van Jesus
Geloofsgewoonte: Lectio Divina
Aanbieder: Ds. Gys van Schoor

Woensdag, 15 Februarie
Tyd:
19:00-20:00 in die Jeuglokaal
Tema: Groei saam met mede-gelowiges
Geloofsgewoonte: Liefdevolle luister
Aanbieder: Ds. Rian Verster

Woensdag, 22 Februarie
Tyd:
19:00-20:00 in die Jeuglokaal
Tema: In diens van God se nuwe wêreld
Geloofsgewoonte: Daaglikse nadenke
Aanbieder: Ds. André van Wyk

Mannekamp

20 Feb 2012

Die tyd raak min!  Bespreek NOU. 
Durbanville Gemeente: Mannekamp 24-26 Februarie
Tema: Manwees vandag – in verhouding met Jesus
• Waar: Wortelgat, naby Stanford
• Koste: R400 per persoon
• Navrae: Ds André van Wyk – andre@durbanvillegemeente.co.za / 084 410 8479 of skakel die kerkkantoor (021 975 6370)

Kunste-Mosaïek 2 - 4 Maart

20 Feb 2012

ONTHOU!! KUNSTE-MOSAΪEK 2-4 MAART 2012
 

Baie hande word benodig! Kontak nou die kerkkantoor en meld aan vir diens!
Kontak: jackie@durbanvillegemeente.co.za
Navrae: Kerkkantoor 021 975 6370

Kunste-Mosaïek, Durbanville Gemeente se kunstefees met ‘n verskil vind plaas vanaf 2-4 Maart 2012. Die doel is om ‘n kunstefees aan te bied wat al die verskillende kunsgenres dek, maar met ‘n Christelike inslag. 10% van die wins vanjaar gaan geskenk word aan Durbanville Kinderhuis vir die vestiging van ‘n Musiekterapie-sentrum.

OPENING:
Die fees skop Vrydagaand, 2 Maart om 18:00 vir 18:30 af in die Gemeentesentrum, met die amptelike opening van die kunsuitstalling. Tydens hierdie geleentheid tree die beskermvrou van Durbanville Kinderhuis, Zanne Stapelberg, en dr Robert Vosloo op. Om 20:00 tree die Mamre Konsertgroep in die kerkgebou op.

MAMRE CONCERT-GROEP, VRYDAGAAND 2 MAART, KERKGEBOU
Almal word vriendelik uitgenooi na ‘n uitvoering van die gewilde Mamre Concert-groep op Vrydag, 2 Maart in die Kerkgebou. Sommige lede was lid van die voormalige baie bekende Black Tie Ensemble. Kaartjies kos R80 pp en is by die kerkkantoor te koop. Die uitvoering begin om 19:30.

LW: Kaartjies na bg. uitvoering sluit ook toegang in vir bywoning van die openingsgeleentheid om 18:00 in die Gemeentesentrum. Bevestig asb u bywoning by die opening met die kerkkantoor ter wille van die spyseniering. Ons waardeer almal se ondersteuning.


 

KUNSUITSTALLING:
Kom besoek ons kunsuitstalling met skilderye, beeldhouwerk en blommekuns Saterdag, 3 Maart in die Gemeentesentrum.

KLASSIEKE MUSIEK:
Saterdag is daar heeldag klassieke musiekuitvoerings in die kerk met onder andere: Winand Grundlingh; José Dias; Erns Conradie; Michael Blake; Liesl Stolz; John Rojas en Stefan Lombard. 

KLASSIEKE MUSIEKFEES: 3 MAART
Vier afsonderlike musiek-uitvoerings vind Saterdag, 3 Maart in die Kerkgebou plaas om 9:00, 11:00, 13:00 en 17:00. Kaartjies is by die kerkkantoor beskikbaar. Indien u al vier konserte wil bywoon, is daar ‘n pakket teen slegs R100 (volwassenes) en R50 (kinders) vir al vier uitvoerings (slegs R25 per konsert!) te koop. Vertel asseblief u vriende van die geleentheid en kom ondersteun ons eie kunstenaars.

TEATER:
Saterdagoggend sal daar in Laerskool Durbanville se skoolsaal optredes wees deur Gwendoline en die Bet-El-Kids;  Die Fees van die Tabernakels Lofdansuitvoering en Kammalielie Kammalollie met Die Einde is Hier – die KONING kom!

WOORDFEES:
In ons Woordfees is daar ‘n bespreking van GROEN deur prof Ernst Conradie van US, ‘n boekbekendstelling deur Lux Verbi en Trienke Opperman lees haar gedigte voor.

SATERDAGAAND:
Danie Niehaus tree Saterdag om 20:00 in Laerskool Durbanville se saal op met sy gewilde Classics to Cabaret -program. 

SONDAG:
Sondagoggend sluit ons die naweek se verrigtinge af met ‘n lofdiens in die kerkgebou waartydens die gemeentekoor gaan optree. Stephan Ackermann en Suretha Theron (klarinet) sal ‘n spesiale item lewer. Terselfdertyd is daar ‘n spesiale diens vir die kinders in die Gemeentesentrum, waar Oom Karoolus en Lente gaan optree.

Kaartjies vir alle items is by die kerkkantoor te koop.

The Shack 2012

20 Feb 2012

Help Asseblief!!! 
’n Groepie kinders van Durbanville Kinderhuis het onlangs die Summer Camp bygewoon. Weens hul omstandighede, kon hulle nie die kampfooie betaal nie. Daar is ongeveer R8 000 uitstaande. Enige iemand wat nog ’n bydrae wil maak, kontak asseblief die Kerkkantoor (021 975 6370) of Christi Thirion (082 728 9762).


 

Fisantekraal

20 Feb 2012

FISANTEKRAAL CRECHÉ SUPPORT
Ons dank die Vader dat ons deel kan hê aan hierdie leerskool in die geloof. Ons is voorwaar baie bevoorreg.

‘n Baie groot dankie aan almal wat iets aan ons geskenk het in 2011. Dit word baie waardeer! Dankie Erika Kotze vir al jou lessies verlede jaar. Vanjaar kom ‘n hele span dames by: Anli Viljoen, Marinda Loftus, Marina van Aarde, Reneé Pretorius en Dalene de Bruin. Dankie, Annemien van Schalkwyk vir jou hulp met die speelgoed-biblioteek en Sonja Botha wat help met plakboeke en Bokse-vir -Buksies. Ons benodig: Mense wat houtspeelgoed, beddegoed en klere vir poppe kan maak; ou tydskrifte en A4 wit gebruikte papier.
Ons soek ook oupas en oumas wat na kinders kan luister en stories van Jesus se liefde kan vertel of lees.
Kontak Edith Fehrsen by 073 795 4580 as jy kan help.

Bevestiging van Kerkraadslede

20 Feb 2012

BEVESTIGING VAN KERKRAADSLEDE
Hartlik geluk aan die volgende lidmate wat  as kerkraadslede bevestig is.
• Steyn Heckroodt van Franschoekweg 46, as Ouderling en Kerkraadsvoorsitter
• Piet van der Westhuizen van Impalastraat 7, as Diaken en Addisionele lid
• Jac Kriek van Groblerstraat 15, as Diaken en Addisionele lid
• Louren du Plooy 
Op 11 Januarie 2012 is die volgende lidmate tot die kerkraad verkies:
• Piet Coetsee van Jacarandastraat 5 as Diaken
• Marnus Laubscher van Proteaweg 7B, as Diaken
Baie geluk! 

Piet Coetsee en Louren du Plooy word 26 Februarie tydens die Familiediens as Kerkraadslede bevestig. Ons vra die gemeente se voorbidding vir die taak waartoe Piet en Louren hulle verbind het.

Musiekbediening 2012

20 Feb 2012

MUSIEKBEDIENING 2012
Die vernaamste funksie van die Musiekbediening is om die gemeente tydens eredienste te help om deur middel van sang die Here te aanbid. Ons verwelkom enige iemand wat musikale gawes het of wat 'n instrument kan bespeel om by ons aan te sluit.Ons soek  spesifiek kitaarspelers (elektries/akoesties), tromspelers en baskitaarspelers. Vir meer inligting, kontak                                               Christi Thirion (082 728 9762).

DURBANVILLE GEMEENTE KERKKOOR
Ons nooi almal met 'n sangtalent uit om by ons kerkkoor aan te sluit.  Skakel Stephan Ackermann by 084 450 0100.

Sopkombuis

20 Feb 2012

BAIE DANKIE!!
Dankie vir die R3 000 wat ons ontvang het om brood vir die Sopkombuis aan te koop.

Dankie ook vir die lidmate wat elke week brode en rolletjies, kos en groente, soetgebak ens. gaan afhaal by die verskillende punte en by die kerkkantoor kom aflewer vir Fisantekraal, Kraaifontein-Uitreike en die Sopkombuis. Julle hulp hiermee word regtig baie waardeer.

Gedenkmuur / Nisse

28 Feb 2011

Gedenkmuur / Nisse - Indien u sou belangstel om ‘n nis te bekom vir die plasing van ‘n oorledene se stoflike oorskot, kan u by die kerkkantoor navraag doen by 021 975 6370.                                                                                                                                                          
Prys : Dubbelnis - R2500-00   Enkelnis - R2000-00