E-mail Print

Belydenis van geloof

Tieners wat ouer as 16 is (graad 10-12) kan inskakel by die Belydenisklas, wat in die derde en vierde kwartaal op Dinsdae aande om 20:00 plaasvind, by een van die kandidate se huis.

In die eerste naweek van die vierde kwartaal, is daar 'n Verbintenisnaweek, wat al die kandidate moet bywoon. Tydens hierdie naweek doen die jongmense dienswerk saam met Straatwerk en ook hier in die Gemeente.

Na afloop van die Belydenisklas kan die kandidate, wanneer hulle gereed is, by enige predikant of die Jeugwerker 'n afspraak maak vir 'n Belydenis-onderhoud.

Daar is 4 geleenthede in die jaar waartydens die jongmense wat die hele proses voltooi het, belydenis van geloof kan aflê. Belydenisaflegging vind plaas tydens die Aanddiens in die Kerkgebou, om 19:00, en is gewoonlik die laaste Sondag van die skoolkwartaal.

Vir meer inligting, kontak:

Ds Tinus van Zyl: 083 289 4985 / tinusvz@durbanvillegemeente.co.za

Christi Thirion (Jeugwerker): 082 728 9762 / christi@durbanvillegemeente.co.za

Fotos:

As jy Belydenis van geloof afgelê het, deel dit met ons: laai jou foto hier regs op.