E-mail Print

Geweld

GESAMENTLIKE VERKLARING

 

Dr Braam Hanekom - Moderator NGK Kerk Wes-en-Suid-Kaapland
Ds Lucas Luxolo Plaatjie - Moderator VGK Kaapland
 

 

As mede-gelowiges in Christus voel ons geroepe om hiermee die volgende ernstige oproep op ons mede Suid-Afrikaners te doen.
 

Ons doen dit gesamentlik omdat ons met hierdie simboliese gebaar duidelik wil sê dat ons glo dat die meerderheid swart en wit Suid-Afrikaners graag in vrede en harmonie met mekaar wil saamleef en glo dat die land wel `n gelukkige toekoms het.
 

Ons versoek ons mede-landgenote om, al is dit in hierdie dae om verstaanbare redes hoe moeilik, hulle self te weerhou van enige rassistiese optrede en gesindheid. Dit sluit alle optrede in wat deur ander groepe as rassisties ervaar kan word. Laat ons die woorde van oud pres. Nelson Mandela in die verband onthou en `n gees van versoening en verdraagsaamheid uitleef ter wille van ons geliefde land en mede-Suid-Afrikaners.
 

Ons wil in die Naam van Christus pleit dat mede-landgenote nie teen mekaar sal opstaan nie, maar wel teen alle vorme van geweld en in die besonder die gruwel-moorde in ons midde. Dit moet eenvoudig gestop word.
 

Ons wil alle lidmate versoek om in hierdie dae selfs verder te gaan deur konkrete dade van wedersydse respek, aanvaarding en versoening teenoor mekaar, in die gees van Paasfees, uit te leef.
 

Ons doen die oproep in nederigheid omdat ons met pyn maar al te bewus is van ons eie geskiedenis van verdeeldheid. Juis daarom wil ons hierdie oproep in hierdie dae gesamentlik doen.