E-mail
Print
Jesus is die Hoof van die huis
Mei 2011
Verklaring van NG Kerk Sinode van Wes- en Suid-Kaap:
Na aanleiding van die gesprek oor Geslag en Diversiteit verklaar die sinode:
a. Jesus is die Heer en Hoof van die huis, kerk en samelewing.
b. Onder Hom staan vrou, man en kind op gelyke vlak. Elkeen is profeet, priester en koning. Ons word geroep om uit eerbied vir Christus aan mekaar onderdanig te wees en mekaar te dien in liefde.
c. Ons verset ons teen elke vorm van magsmisbruik en geweld, in die huis, kerk of samelewing, hetsy ekonomies, fisies, emosioneel of seksueel. Ons verset ons ook teen enige ideologie wat dit regverdig en onderhou.
Kommentaar
Niemand het nog hier kommentaar gelewer nie.